Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Vrou vas oor handgranaat, dwelms

$
0
0

Mandrax-tablette  (argieffoto)

Mandrax-tablette
(argieffoto)

ʼn Vrou van Kaapstad is Woensdagaand in hegtenis geneem nadat ʼn handgranaat, ammunisie en ʼn groot hoeveelheid dwelms in haar huis in Woodstock gevind is.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die 41-jarige vrou is vasgetrek nadat die polisie ʼn wenk van die publiek ontvang het. “Die vrou se huis, in Stationweg, is deursoek en polisie het ʼn handgranaat, 1188 Mandrax-tablette en ammunisie gevind,” het Traute gesê.

Die vrou is aangekla van die besit van ʼn ploftoestel, die onwettige besit van ammunisie en dwelmhandel. Sy sal Vrydag in die plaaslike landdroshof verskyn.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621