Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Pistorius-familie gaan klag lê oor Oscar-berig

$
0
0

Oscar Pistorius Foto: Kim Ludbrook/EPA/Pool/Sapa

Oscar Pistorius Foto: Kim Ludbrook/EPA/Pool/Sapa

Oscar Pistorius se familie het gesê hulle gaan ʼn klag teen The Saturday Star by die persombudsman indien nadat dié koerant ʼn artikel gepubliseer het waarin vertel word van die beweerde voorkeurbehandeling wat Pistorius in die tronk ontvang.

Die Pistorius-familie het Dinsdag in ʼn verklaring gesê die artikel getiteld “Oscar’s diva demands” is feitelik verkeerd, misleidend en is ʼn gruwelike wanvoorstelling van die feite. “Ons sal ʼn klag by die persombudsman indien binne die voorgeskrewe 21 dae van die publikasiedatum van die artikel,” lui die verklaring.

Die koerant het in die artikel beweer dat Murasiet Mentoor, die streekbestuurder van geregtelike inspektoraat, het aan die koerant “bevestig” dat hy gevra is om aandag te gee aan Pistorius se griewe oor sy lewensomstandighede in die tronk. Volgens die koerant is ’n bad in Pistorius se sel laat bou omdat hy gekla het dat hy nie kon bad nie. Nuwe toerusting is na bewering in die tronkgimnasium geïnstalleer op Pistorius se versoek en die atleet is volgens die berig toegelaat om sy eie kos voor te berei omdat hy bang was hy word vergiftig.

Die koerant het ook beweer Pistorius is in die hospitaalvleuel van die Kgosi Mampuru II-gevangenis aangehou om te verhoed dat hy deur ander gevangenes geteiken word.

Pistorius sou Vrydag onder korrektiewe toesig vrygelaat word, maar Michael Masutha, minister van korrektiewe dienste, het Woensdag die besluit op die laaste nippertjie teruggetrek. Masutha het gesê die besluit is te vroeg geneem aangesien Pistorius eers van 21 Augustus in aanmerking kon kom vir moontlike vrylating.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!