Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Sakeman verdwyn in raaiselagtige omstandighede

$
0
0
Leon Serfontein

Leon Serfontein. Foto: Verskaf

ʼn Soektog is van stapel gestuur na Leon Serfontein (30), mede-eienaar van ʼn tuinontwerp-onderneming in Pretoria, wat Dinsdagoggend in raaiselagtige omstandighede verdwyn het.

Daniel du Bruyn (24), Serfontein se vriend en mede-eienaar van die onderneming, het Donderdag aan Maroela Media gesê Serfontein is Dinsdag die laaste keer om 09:00 by ʼn kitsbank by Moreleta Plaza in die ooste van Pretoria gesien.

“Ons woon binne loopafstand van die winkelsentrum af. Ek het die oggend 08:41 die laaste keer met hom telefonies gepraat voordat hy na die sentrum gestap het om geld te onttrek om lone te betaal,” het Du Bruyn gesê.

Du Bruyn het gesê volgens hul bankstaat is die laaste onttrekking omstreeks 09:00 gedoen. “ʼn Veiligheidsbeampte by die bank het bevestig dat hy Leon gesien het en dat hy daar geld getrek het voordat hy te voet weg is.”

Volgens kringtelevisiebeeldmateriaal wil dit voorkom of twee mans hom daarna agtervolg het. Serfontein het geeneen van hul twee motors se sleutels by hom gehad nie, net sy beursie en twee selfone. Die selfone is afgeskakel.

Du Bruyn het ʼn vermistepersone-saak by die Garsfontein-polisie aanhangig gemaak.

Serfontein het ʼn grys T-hemp, pers broek, en oranje Nike-tekkies aangehad toe hy die laaste keer gesien is.

Dessie Rechner, stigter en direkteur van Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, het ʼn beroep op die publiek gedoen om ʼn plakkaat van Serfontein wyd op sosiale media te deel met die hoop dat iemand hom sal opspoor.

Mense wat hom gewaar of weet waar hy hom bevind, word versoek om die Garsfontein-polisie by 012 470 4200 of 082 778 9424 te bel, of die Pink Ladies by 072 214 7439.

Leon Serfontein Leon Serfontein Leon Serfontein

Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!