Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Sesjarige red boetie se lewe

$
0
0
Markus Vermaas. Foto: Verskaf

Markus Vermaas. Foto: Verskaf

ʼn Tweejarige kleuter van Centurion is in die waakeenheid van ʼn Johannesburgse hospitaal nadat hy byna in ʼn swembad by sy ouerhuis verdrink het.

Liza Vermaas, die ma van klein Markus, het Maandag aan Maroela Media vertel hoe haar sesjarige seuntjie, Stephan, waarskynlik Vrydag sy boetie se lewe gered het.

“Ek het net vir Stephan hoor skree en het uitgehardloop na die swembad toe. Toe ek daar kom, het hy reeds ingespring en vir Markus uit die water gehaal. Hy het met hom in sy arms gestaan en histeries gehuil. Hy het gesê, ‘Mamma, ek dink hy is dood’,” het Liza gesê.

Sy vertel dat die twee seuntjies ná 17:00 die middag saam met maatjies in die tuin gespeel het en dat sy gou in die huis ingegaan het, maar hulle steeds deur die venster dopgehou het. “Ons het pas die swembad by ons huis laat insit, maar hulle is nog besig om die dek rondom die swembad te installeer en daarom kon ons nog nie die seil bo-oor die swembad sit nie,” het sy gesê.

Sy vertel dat Stephan om die huis na die swembad toe gehardloop het om sy opblaashaai te gaan haal wat in die swembad was. “Toe ek hom terug om die draai sien kom met die haai, het ek vir hom gesê om dit terug in die swembad te gaan sit omdat dit sal skeur as hulle daarmee op die gras speel. Ek dink dit was in daardie tyd dat Markus die haai gesien het en toe besluit het om ook sy opblaasdolfyn in die swembad te gaan haal,” het Liza gesê.

Stephan het dadelik omgedraai om die haai weer in die swembad te gaan bêre en oomblikke later het Liza hom hoor skree.

Markus (voor) en Stephan Vermaas. Foto: Verskaf

Markus (voor) en Stephan Vermaas. Foto: Verskaf

“Ek het Markus uit Stephan se arms gegryp en hom vasgedruk. Hy was sommer so grys van kleur en sy lippe was potblou. Ek het gedink hy is dood. Ek was heeltemal histeries en het net begin bid. Skielik het daar so ’n rustigheid oor my gekom en ek het hom neergesit en begin ‘CPR’ toepas. Ek het dit nog nooit gedoen nie, maar het maar net probeer doen wat ek kan onthou van wat ek al op televisie gesien het.”

Kort daarna het Markus begin water opbring, sy oë oopgemaak en begin huil. “Ek het hom en Stephan dadelik in die motor gelaai en hospitaal toe gejaag,” het Liza gesê.

By die hospitaal het noodpersoneel Markus aan ʼn ventilator gekoppel, aangesien die suurstofvlakke in sy bloed baie laag was. Hy is later die aand per helikopter na die Netcare Garden City-hospitaal geneem waar hy in die waakeenheid opgeneem is.

“Dit gaan nou baie goed met Markus,” het Liza Maandagoggend gesê. “Hy haal op sy eie asem en word nie meer onder verdowing gehou nie. Hy is net vreeslik deurmekaar en probeer heeltyd die pype uittrek en huil as hy wakker is. Hy wil nou glad nie meer hier wees nie. Maar dit gaan baie goed met hom. Hy vra net heeltyd waar is sy boetie.”

Intussen is Stephan net so bekommerd oor sy kleinboet in die hospitaal en baie hartseer dat hy hom nie in die waakeenheid mag besoek nie, sê Liza. “Ons is so trots op hom dat hy so dapper was om in te spring en sy boetie te red. Hy het nou onlangs eers leer swem, so hy is regtig ʼn held.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!