Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

[Foto’s en video] Brandtragedie by gewilde vakansieoord

$
0
0
Die houthuis wat gebrand het. Foto: Verskaf

Die houthuis wat gebrand het. Foto: Verskaf

Twee mense van Gauteng is Sondagoggend dood nadat die houthuis waarin hulle oornag het by ʼn gewilde vakansieoord in Mpumalanga tot op die grond afgebrand het.

Ziska Haak, verhoudingsbestuurder van die Forever Resorts-groep, het Maandag by navraag aan Maroela Media bevestig dat ʼn brand in ʼn houthuisie by hul Loskopdam-oord ontstaan het.

“Die oorledenes se identiteit kan nie in die stadium bekend gemaak word nie. Hulle is van Gauteng afkomstig, en het die oord vir die naweek besoek,” het Haak gesê.

Sy het gesê die polisie het reeds ʼn ondersoek na die oorsaak van die brand van stapel gestuur, maar dat dit nog nie bepaal kon word nie. Geen ander houthuise is deur die brand geraak nie.

Die groep kon nie meer inligting oor die voorval bekendmaak nie. “Ons staan die polisie by in hul ondersoek en sal terugvoer gee sodra die forensiese eenheid sy ondersoek voltooi het,” het sy gesê.

ʼn Ooggetuie het Maandag aan Maroela Media gesê die brand moes tussen 04:30 en 05:00 ontstaan het. “Ons het ook vir die naweek in die houthuise oorgebly en het die oggend ʼn groot geraas gehoor. Dit het geklink asof iemand klappers skiet,” het die man, wat verkies om anoniem te bly, gesê.

Hy het gesê die huis is in sowat ’n uur in puin gelê.

Die gewilde jaarlikse Loskop Kurper Bonanza is die naweek by die oord gehou. Sover vasgestel kan word, is die oorledenes nié deel van die groep mense wat die geleentheid bygewoon het nie.

Maroela Media het navraag by die polisie gedoen en wag nog vir terugvoer.

Die houthuis wat gebrand het. Foto: Verskaf Die houthuis wat gebrand het. Foto: Verskaf Die houthuis wat gebrand het. Foto: Verskaf Die houthuis wat gebrand het. Foto: Verskaf Die houthuis wat gebrand het. Foto: Verskaf Die houthuis wat gebrand het. Foto: Verskaf Die houthuis wat gebrand het. Foto: Verskaf Die houthuis wat gebrand het. Foto: Verskaf Die houthuis wat gebrand het. Foto: Verskaf Die houthuis wat gebrand het. Foto: Verskaf

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!