Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Meisie (11), drie tieners het glo seks in PE-fliekteater

$
0
0

Argieffoto

Argieffoto

Drie tienerseuns en ʼn 11-jarige meisie is glo die naweek betrap waar hulle seksuele dade op mekaar uitgevoer het in ʼn fliekteater in Port Elizabeth.

Die vier is glo in die fliek by die Baywest Mall betrap nadat ʼn klag ontvang is van een van die fliekgangers. ʼn 18-jarige seun is glo betrap waar hy seks gehad het met ʼn 16-jarige meisie terwyl die 11-jarige meisie en ʼn 16-jarige seun glo ook besig was met ʼn seksdaad.

Die voorval is deur vier werknemers by die fliekteater bevestig. Kapt. Johan Rheeder, woordvoerder van die polisie, het gesê die saak word deur die kinderbeskermingseenheid ondersoek.

John Sikiotis, uitvoerende hoof van Sterk Kinekor, het gesê die vier jeugdiges is ná die beweerde voorval na die kantoor van die winkelsentrum se veiligheidmaatskappy geneem. Hy het gesê die polisie is ontbied sowel as die twee seuns se ouers en die meisies se oupas.

“Die bestuurder van die teater het die meisies [en hul oupas] na die polisiestasie vergesel om die saak aan te meld. Ons hersien en verbeter voortdurend ons maatreëls en prosedures om die veiligheid van ons klante te verseker, en sal krities ondersoek instel na die omstandighede rakende die voorval,” het Sikiotis gesê.

Sonja de Necker, hoofbestuurder van Baywest Mall, het die voorval bevestig. Sy het gesê die 11-jarige meisie en drie tieners is Saterdagaand omstreeks 18:30 betrap.

Kuban Chetty, ’n prokureur van Port Elizabeth, het gesê die 16-jarige seun wat glo ʼn seksuele daad op die 11-jarige meisie uitgevoer het, kan van verkragting aangekla word.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!