Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Man erken skuld ná gru-moord op meisie (17)

$
0
0

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy en nog twee medebeskuldigdes ʼn 17-jarige meisie gewurg en doodgeslaan het, het sy aandeel in die moord erken.

Charles Simmers het Maandag in die hooggeregshof in Johannesburg, wat in Palm Ridge sit, skuld erken. Simmers (29) het getuig dat hy vroeër in die hof gelieg het aangesien hy bang was, maar dat hy tot die besef gekom het dat leuens hom nêrens gaan bring nie. Hy het hierna aan die hof gesê hy is verantwoordelik vir Marchell Taljaard se dood.

Simmers en sy medebeskuldigdes, Vernon Lawrence (25) en Daniel Baartman (30), het Taljaard glo in Maart 2012 naby haar huis in Boksburg aan die Oos-Rand aangeval en vermoor. Hulle word ook daarvan beskuldig dat hulle haar selfoon en juwele gesteel het en probeer het om ʼn harde plastiekpyp in haar vagina op te druk. Die drie het aanvanklik onskuldig gepleit op die aanklagte teen hulle.

Simmers het aan die hof gesê dat hy en Lawrence Taljaard aangerand en gewurg het, maar dat hulle nie die bedoeling gehad het om haar dood te maak nie. Volgens hom wou hulle net haar selfoon steel.

Simmers het gesê Baartman het waggehou terwyl hy en Lawrence Taljaard aangeval het. Hy ontken egter dat hulle haar seksueel aangerand het. Volgens Simmers het hulle Taljaard gewurg tot sy haar bewussyn verloor het aangesien hulle bang was sy skree.

Taljaard en die drie mans het glo in die vroeë oggendure na ʼn nagklub gestap toe sy aan hulle gesê het sy wil eerder huis toe gaan. Volgens Simmers het hulle tot by Taljaard se huis geloop waarna sy almal drukkies gegee het om totsiens te sê. Dit is glo toe dat Lawrence haar gegryp en begin wurg het.

Simmers en Lawrence het haar toe glo in ʼn veld ingetrek waar hulle haar geskop en op haar kop getrap het. Volgens Simmers het hulle Taljaard in die veld gelaat aangesien hulle gedink het sy is bewusteloos. Hulle het toe glo haar selfoon verkoop en metamfetamien (oftewel tik) gekoop.

Simmers het gesê hulle was almal onder die invloed van alkohol en dwelms toe hulle Taljaard aangeval het. Regter Nicoline Janse van Nieuwenhuizen het die staat se kruisondervraging kortgeknip toe Lawrence begin lag het.

“’n Lewe is geneem. Weet jy hoe ernstig dit is?” het sy aan Lawrence gevra voordat hy om verskoning gevra het vir sy gedrag.

Simmers, wat tans op borgtog uit is, is in Julie in hegtenis geneem nadat hy vir langer as ʼn jaar voortvlugtig was. Die verhoor duur voort.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!