Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Ondersoek na brand by skool vir dowes byna afgehandel

$
0
0

Die Noordwes Sekondêre Skool vir Dowes in ligte laaie. Foto: Twitter

Die Noordwes Sekondêre Skool vir Dowes in ligte laaie. Foto: Twitter

Die Menseregtekommissie (MRK) het Vrydag gesê sy ondersoek na die brand by die Noordwes Sekondêre Skool vir Dowes in Leeudoringstad in Augustus verlede jaar, is byna voltooi. Drie leerlinge is in dié brand dood.

Isaac Mangena, woordvoerder van die kommissie, het gesê die ondersoek is van stapel gestuur om onder meer te bepaal of die brandwaarskuwingstelsel by die skool in werking was en of enige skoolbeampte aan diens was ten tyde van die brand.

Maroela Media het vroeër berig drie meisies is dood en 53 ander beseer toe die brand in die vroeë oggendure van 24 Augustus uitgebreek het.

“Die kommissie is bewus dat die SAPD ook sy eie ondersoek doen na die oorsaak van die leerders se dood en die MRK verwelkom hierdie ondersoek. Ons ondersoek is byna afgehandel en ons sal binnekort die bevindinge daarvan bekendmaak,” het Mangena gesê.

Volgens Mangena word bewerings van ʼn personeeltekort by die Meerhof spesiale skool in Hartebeespoort naby Brits ook ondersoek. “Ons kry nie by Meerhof die samewerking wat ons nodig het nie, wat baie teleurstellend is. Ons is daarom besig om dagvaardings voor te berei om die departement te dwing om sy samewerking te gee,” het hy gesê.

“As daar ʼn personeeltekort by die skool is, dink net wat sal gebeur as iets gebeur soos wat by die Noordwes Sekondêre Skool vir Dowes gebeur het. Dit sal ʼn tragedie wees.”

Hy het gesê die MRK het die mandaat om die regte van persone met gestremdhede te bevorder en te beskerm. “Die kommissie glo meer moet gedoen word om te verseker dat kinders met gestremdhede dwarsoor die land nie net gehalte onderrig ontvang nie, maar dat hul veiligheid ook gewaarborg is.”

Die Noordwes-onderwysdepartement was nie beskikbaar vir kommentaar oor die beweerde personeeltekort by Meerhof nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!