Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Verkeersbeampte in hof oor moord en baba

$
0
0

Argieffoto

Argieffoto

Die Saselemani-landdroshof in Limpopo het Donderdag gehoor dat ʼn vroueverkeersbeampte ʼn swanger tienermeisie maande lank dopgehou en geteister het om haar baba te kan steel nadat die kleinding gebore is.

Masingita Chavhani (43), die beskuldigde, het in die hof verskyn om aansoek te doen om borgtog nadat sy op aanklagte van ontvoering, roof, motordiefstal en moord in hegtenis geneem is. Sy word daarvan verdink dat sy in Oktober Hulani Chauke (17) se baba gesteel het, en ʼn huurmoordenaar gereël het om Chauke te vermoor. Chauke se liggaam is in die veld naby die Nandonidam gevind waar sy vermoor is.

Die staat het die aansoek teengestaan. Die hof het gehoor dat Chavhani gemaak het of sy swanger is, en die tienermeisie dopgehou en haar skynswangerskap volgens Chauke se swangerskap aangepas het. Sy het haar werkgewer in kennis gestel dat sy swanger is en aansoek gedoen om kraamverlof van Julie tot November. Chauke het in dié tydperk gekraam waarna sy spoorloos verdwyn het. ʼn Vermistepersone-saak is vir haar en haar baba aangegee.

Die polisie het in Oktober die baba in Chavhani se sorg gevind nadat hulle ʼn wenk opgevolg het. Sy is toe in hegtenis geneem. Chauke se selfoon is ook in besit van Chavhani se man gevind.

Thomas Ngobeni, die ondersoekbeampte, het in die hof getuig Chavhani het die vermeende huurmoordenaar, Stephen Sithole, op 1 Oktober genader en gesê daar is mense in Johannesburg wat bereid is om R50 000 vir ʼn baba te betaal, maar dat die ma vermoor moet word.

Hy het gesê die dag toe Chauke vermoor is, het Chavhani haar gebel en voorgegee dat sy haar wou help om die baba se geboortesertifikaat te bekom. Sy het Chauke en haar baba na die dam geneem, waar sy vermoor is. Sy het daarna die baba en Chauke se selfoon gesteel.

Chavhani se borgtog is geweier uit vrees dat die ontstoke gemeenskap haar sal doodmaak. Die saak is tot 26 Mei uitgestel om die polisie meer tyd te gun in hul ondersoek.

Sithole is ná Chavhani se inhegtenisneming vasgetrek en pleit onskuldig.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!