Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Oscar Pistorius verloor aansoek om appèl

$
0
0
Oscar Pistorius op 19 Maart 2014 in die hof Foto: Leon Sadiki/Citypress/Pool (SAPA)

Oscar Pistorius op 19 Maart 2014 in die hof Foto: Leon Sadiki/Citypress/Pool (SAPA)

Die Suid-Afrikaanse hooggeregshof het die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius se aansoek om verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding afgekeur.

“Ons kan bevestig dat die konstitusionele hof Pistorius se aansoek afgekeur het weens die gebrek aan vooruitsigte vir sukses,” het Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die NVG, Donderdag gesê. “Ons verwelkom die besluit, aangesien ons nog altyd volgehou het dat sy aansoek om verlof tot appèl heeltemal sonder meriete is.”

Die konstitusionele hof was Pistorius se laaste poging om uit die tronk te bly ná hy Reeva Steenkamp in 2013 doodgeskiet het.

Die uitspraak beteken dat hy volgende maand in die Pretoriase hooggeregshof moet verskyn om gevonnis te word.

“Hy sal op 18 April in die hof verskyn wanneer die vonnisverrigtinge sal hervat,” het Mfaku gesê.

Pistorius het sy aansoek gebring nadat die hoogste hof van appèl op 3 Desember verlede jaar besluit het om sy skuldigbevinding op strafbare manslag om te keer. Die hooggeregshof het hom ʼn paar dae later vrygelaat op borgtog van R10 000, beveel dat hy elektronies gemonitor moet word en dat hy slegs binne ʼn radius van 20 km van sy oom se huis in Waterkloof, Pretoria, mag beweeg.

Hy bly al sedert Oktober 2015 by sy oom sedert hy uit die tronk vrygelaat is nadat hy minder as ʼn jaar van sy vyf jaar vonnis uitgedien het – op die aanklag van strafbare manslag waarop hy oorspronklik skuldig bevind is.

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!