Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Uitspraak voorbehou in spioenasiebande-saak

$
0
0
President Jacob Zuma reageer op 18 Februarie 2016 op die debat ná sy staatsrede Foto: @PresidencyZA, Twitter

President Jacob Zuma reageer op 18 Februarie 2016 op die debat ná sy staatsrede Foto: @PresidencyZA, Twitter

Uitspraak is Donderdagoggend voorbehou in die DA se aansoek om die NVG se besluit, om 738 aanklagte teen pres. Jacob Zuma te laat vaar, tersyde te stel.

Adjunkregterpresident Aubrey Ledwaba en twee ander regters in die Pretoriase hooggeregshof het, nadat hulle drie dae lank die saak aangehoor het, gesê die uitspraak sal binnekort aan die partye bekend gemaak word.

Die klagtes, insluitend bedrog en swendelary, spruit uit die land se wapentransaksie in 1999 en die besluit deur die destydse NVG-hoof Mokotedi Mpshe om die saak terug te trek, wat die weg gebaan het vir Zuma om die volgende maand as president verkies te word.

Die DA het kort daarna die hof genader, maar die uiteindelike hersiening het meer as ses jaar lank geneem weens ʼn uitgerekte saak binne ʼn hofsaak om seker te maak die sogenaamde spioenasiebande word vrygestel. Dié bande is opnames van privaat telefoongesprekke waarin Mpshe aanvoer die tydsberekening van die aanklagte is deur ondersteuners van voormalige pres. Thabo Mbeki gemanipuleer,

Lees alle vorige berigte oor die spioenasiebande op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!