Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Mantashe gekap oor ‘rassistiese boere’

$
0
0
Gwede Manatshe tydens die ANC se optog teen rassisme op 19 Februarie 2016 in Pretoria se middestad Foto: @MyANC_, Twitter

Gwede Manatshe tydens die ANC se optog teen rassisme op 19 Februarie 2016 in Pretoria se middestad Foto: @MyANC_, Twitter

Die landbou-organisasie, TLU SA, eis ʼn skriftelike verskoning van Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, ná sy onlangse uitlating dat die organisasie ʼn “rassisties” is.

Maroela Media het vroeër berig Mantashe het op 19 Februarie tydens die party se optog teen rassisme by die Uniegebou in Pretoria aan duisende ondersteuners gesê “die kwessie van voedselsekuriteit kan nie aan die TLU SA – ʼn rassistiese boere-organisasie, oorgelaat word nie”.

“TLU SA het nog nooit ras op enige wyse by die debat oor landbou bygetrek nie,” het Louis Meintjes, president van die TLU SA, in ʼn verklaring gesê. “Helaas het die ANC nie daardie selfde skoon rekord nie. Dit is juis die ANC wat telkens sy rasse-agenda uitpluk, soos wat Mantashe nou weer gedoen het. Dit is die ANC-regering wat rasgedrewe wetgewing instel om homself teen ʼn minderheid te beskerm.”

Meintjes het gesê vir TLU SA gaan dit om die beginsels van die vrye mark, wat die noodsaaklike basis is vir voedselsekerheid. “Die ANC en Mantashe in sy persoonlike hoedanigheid, sien nie kans om oor die ekonomie van landbou te praat nie, maar kruip weg agter hulle ideologie wat wêreldwyd reeds misluk het. Nou word vals rasse-argumente gebruik om ʼn reeds gespanne samelewing verder te laai. Die land kan dit nie bekostig nie, en TLU SA weier om goedsmoeds die slagoffer daarvan te word terwyl die ANC oënskynlik die land se grootste rassiste is. Mantashe moet nou die gevolge van sy opmerkings in die gesig staar,” het hy bygevoeg.

Volgens ʼn prokureursbrief wat die TLU SA aan Mantashe gestuur het, wek bewerings dat TLU SA ʼn rassistiese boere-organisasie is, die indruk dat die ANC doelbewus teen witmense wil diskrimineer en veral wit grondeienaars.

Die organisasie veroordeel ook Mantashe se stelling dat groot dele van grond in Suid-Afrika van die inheemse bevolking van Suid-Afrika deur witmense gesteel is. “Dit is vals en histories foutief. Huidige grondeienaars in Suid-Afrika het nie die grond gesteel nie, maar dit wettig bekom. Dit is die geval in meeste, indien nie alle gevalle nie, van grondbesit vir die afgelope minstens 100 jaar.”

Volgens die brief skep die bewerings deur Mantashe en die ANC die indruk dat:
a) TLU SA ʼn rassistiese organisasie is
b) TLU SA die indruk skep dat kosvervaardiging slegs deur wit boere gedoen kan word
c) witmense wat grond besit diewe is
d) witmense wat na Suid-Afrika gekom het diewe, misdadigers en rowers was
e) witmense in Suid-Afrika grond gesteel het sonder enige vergoeding of ooreenkoms
f) alle swart stamme inheems was tot Suid-Afrika toe witmense in 1652 hier aangekom het
g) alle swart mense grond besit het in die hele Suid-Afrika
h) swartmense die grond wat aan witmense behoort, met of sonder vergoeding moet “terugvat”

TLU SA eis ʼn onvoorwaardelike skriftelike verskoning aan die organisasie en wit grondeienaars in die algemeen vir die “kwetsende, skadelike en haatlike uitlatings” wat Mantashe gemaak het.

Volgens die brief kom die uitlatings neer op haatspraak. “Indien Mantashe en die ANC nie bereid is om ʼn verskoning uit te reik nie, sal die saak na die gelykheidshof verwys word.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!