Pieter Schalk van der Vyver (50) het Woensdag in die Cradock-landdroshof verskyn op aanklag van moord.
Ao. Elmarie Lötz, woordvoerder van die polisie, het gesê Van der Vyver is op borgtog van R1 000 vrygelaat.
Van der Vyver word aangekla van die moord op Masixole Charles (29). Van der Vyver en Charles het glo Maandag op die plaas Diepkloof naby Cradock in ʼn geveg betrokke geraak oor geld. Charles is in die proses dood en Van der Vyver is in hegtenis geneem. Volgens Lötz het Charles op die plaas gewerk.
Van der Vyver moet weer op 29 Maart in die hof verskyn.