Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Meer as 100 karkasse in wildtuin ontdek

$
0
0

Argieffoto

Argieffoto

Die Krugerwildtuin het Woensdag gesê ʼn ondersoek sal gedoen word nadat meer as 100 diere dood is toe hulle aan ʼn dooie olifant, wat eers geskiet en toe met gif besmeer is, gevreet het.

William Mabasa, woordvoerder van die wildtuin, het gesê die karkasse is Sondag in die noorde van die wildtuin in Limpopo ontdek. Hy het nie die presiese ligging verskaf nie. “ʼn Olifantkarkas is gevind met skietwonde aan sy kop, sy tande is verwyder en die karkas is met gif besmeer. Ten minste 110 witrugaasvoëls, twee leeus en twee jakkalse is ook dood nadat hulle aan die vergiftigde karkas gevreet het,” het hy gesê.

Volgens Mabasa word diere meestal in Oos-Afrika vergiftig, maar daar is verskeie redes waarom stropers die diere wat hulle doodgemaak het, ook vergiftig.

“Een van die teorieë hieroor is dat hulle bloot wraaksugtig is en diere net wil doodmaak. Hulle weet leeus, aasvoëls en ander diere sal aan die karkas vreet en hulle wil hulle graag ook doodmaak,” het Mabasa gesê.

ʼn Ander rede is om spesifiek die aasvoëls dood te maak vir moeti, omdat dit moeilik is om ʼn aasvoël te vang en dood te maak, het hy gesê.

Mabasa het gesê dit is nie die eerste keer wat ʼn olifant in die wildtuin doodgemaak en met gif besmet is nie. Vroeg verlede jaar is ʼn olifant ook gestroop en vergiftig en 44 aasvoëls is dood nadat hulle aan die karkas gevreet het.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!