Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Seun (7) deur hond in straat aangeval

$
0
0
Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Sewejarige seun is Dinsdag deur ʼn hond aangeval toe hy saam met maats na ʼn winkel gestap het.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het in New Germany, noord van Pinetown in KwaZulu-Natal, plaasgevind.

“Die seun was saam met maats by sy huis toe hulle besluit het om winkel toe te gaan,” het Bodasing gesê. “Die seun se ouer suster, vermoedelik 18 jaar oud, het die kinders vergesel.”

ʼn Hond het vermoedelik uit ʼn erf losgekom en die seun aangeval. Die hond het weggehardloop nadat die seun se suster en sy maats dit van hom afgetrek het.

Sy suster het hom huis toe gevat en hulp ontbied. Hy het ernstige bytwonde en krapmerke opgedoen en is met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die hond se ras is nie bekend nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!