Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Egpaar aangeval by gewilde uitkykpunt

$
0
0

Bloed binne die egpaar se motor na die aanval. Foto: Hi-Risk Unit

Bloed binne die egpaar se motor na die aanval. Foto: Hi-Risk Unit

ʼn Man is in ʼn ernstige toestand in die waakeenheid van ʼn Pretoria-hospitaal nadat hy en sy vrou Saterdagaand by die uitkykpunt by Fort Klapperkop in die Groenkloof-natuurreservaat aangeval is.

Arthur Crewe, hoof van Hi-Risk Unit-veiligheidsdienste wat kort na die aanval op die toneel was, het gesê die man is met ʼn mes in die bolyf gesteek, wat veroorsaak het dat sy longe platgeval het. Hy is in die waakeenheid van die Little Company of Mary-hospitaal opgeneem. Sy vrou het snywonde aan haar hand en arms opgedoen. Die paartjie is van Durban.

“Hulle het die aand vroeg by die uitkykpunt in hul motor gesit, toe verdagtes uit die bosse gekom het. Ons is nie seker hoeveel aanvallers daar was nie, maar ons vermoed drie,” het Crewe gesê. “Die verdagtes het probeer om die passasiervenster en die venster agter die bestuurder te stukkend te slaan, maar sonder sukses. Hulle kon daarin slaag om die bestuurdervenster te breek en het in die motor in geleun om waardevolle items te gryp. Dit is toe dat die man met ʼn mes gesteek is.”

Crewe het gesê die vrou is beseer toe sy probeer het om die aanvallers van haar man af te kry. Die aanvallers het met die egpaar se besittings die bosse in gevlug.

“Ons het dadelik ʼn soektog met honde van stapel gestuur, maar ons kon nie die verdagtes opspoor nie. Die reservaat is baie groot en daar is meer as genoeg spasie om te vlug,” het Crewe gesê. Hy het gesê hulle het Sondag die soektog hervat en op ʼn area afgekom waar die aanvallers weggekruip het.

Volgens Crewe word geweldadige aanvalle en rooftogte by die uitkykpunt gereeld by Hi-Risk Unit aangemeld. “Net verlede week is nog ʼn paartjie by die uitkykpunt aangeval en dieselfde modus operandi is gevolg deur die motor se venster te breek. ʼn Vrou is ook tydens ʼn vorige aanval op dieselfde plek verkrag,” het Crewe gesê.

“Die realiteit is dat paartjies dikwels soontoe gaan om romanties te verkeer en dus nie paraat of bewus is van wat om hulle aangaan nie. Dit maak hulle maklike teikens vir aanvalle. Fort Klapperkop moet in die aande sover moontlik vermy word,” het hy gesê.

Crewe het gesê die gebied is deur die dag effens veiliger wanneer drawwers en fietsryers in groepe rondbeweeg.

Bloed binne die egpaar se motor na die aanval. Foto: Hi-Risk Unit Die egpaar se motor na die aanval. Foto: Hi-Risk Unit

Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!