Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Boormasjien breek by Lily-myn

$
0
0
'n Lugfoto van die ineenstorting op 5 Februarie 2016 van Vantage Goldfields se Lily-myn. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

‘n Lugfoto van die ineenstorting op 5 Februarie 2016 van Vantage Goldfields se Lily-myn. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

ʼn Boormasjien wat tans gebruik word om ʼn ontsnappingsroete te boor vir reddingswerkers by Lily-myn om by drie werknemers uit te kom wat ondergrond vasgekeer is, het gebreek kort nadat dit in gebruik geneem is.

“Die boor het Saterdag gebreek,” het Coetzee Zietsman, woordvoerder vir Lily-myn, telefonies gesê. “Die span het Sondag die hele dag lank probeer om dit te herstel, maar hul pogings was teen Sondagaand nog tevergeefs. Hulle werk nog steeds daaraan. Sodra die masjien weer werk, sal die boorwerk hervat.”

Dit was Sondag die sestiende dag sedert Yvonne Mnisi, Pretty Mabuza en Solomon Nyarenda ondergrond by die myn in Barberton, Mpumalanga, vasgekeer is.

Mike McChesney, uitvoerende hoof van Vantage Goldfields (wat Lily-myn besit), het Woensdag gesê dit kan tot twee weke duur voor die reddingspoging kan hervat. Geologiese kenners het aangeraai dat die reddingspoging slegs kan hervat indien daar ʼn ontsnappingsroete vir reddingsbeamptes geboor word.

Die boorpunt is van mynredding bekom – dit is soortgelyk aan die eenheid wat ʼn paar jaar gelede gebruik is toe mynwerkers in Chili vasgekeer was.

Die boor moet ʼn gat van ongeveer 80 meter diep boor.

Die myn bly gesluit en die reddingspoging is tydelik opgeskort ná twee ineenstortings by die sinkgat waar die drie werkers vaskeer is. Hulle is op 5 Februarie ondergrond vasgekeer toe die houer waarin hulle gewerk het, in ʼn sinkgat beland het toe ʼn kroonpilaar meegegee het. Groot klippe het bo-op die houer geval. Altesaam 76 ander werkers is ná die ineenstorting gered.

Lees alle vorige berigte oor die Lily-myn op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!