
President Jacob Zuma reageer op 18 Februarie 2016 op die debat ná sy staatsrede Foto: @PresidencyZA, Twitter
Die Nasionale Vergadering het Donderdag bevestig dat LP’s op 1 Maart vanjaar oor ʼn mosie van wantroue in president Jacob Zuma sal debatteer.
Die Nasaionale Vergadering se programmekomitee het die mosie op versoek van die Demokratiese Alliansie geskeduleer.
Die DA het speaker Baleka Mbete versoek om die mosie van wantroue so gou as moontlik in 2016 in te stel ná Zuma in Desember besluit het om Nhlanhla Nene, minister van finansies, af te dank.
Die mosie van wantroue teen Zuma was verlede jaar in Maart onsuksesvol.