Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Dolfyn vrek ná swemmers selfies neem

$
0
0
Die dolfyn word soos 'n trofee aangestuur Foto: Hernan Coria, CEN

Die dolfyn word soos ‘n trofee aangestuur Foto: Hernan Coria, CEN

WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig kan sensitiewe kykers ontstel. 
ʼn Jong dolfyn het vermoedelik weens dehidrasie gevrek nadat hy soos ʼn trofee rondgedra en deur ʼn groep swemmers gevryf is voor hy agterweë op die sand gelaat is.

Die groep mense het in Santa Teresita, Argentinië, rondom die dolfyn saamgedrom om selfies te neem nadat die soogdier op die strand gevind is.

La Plata-dolfyne, ook bekend as Franciscana-dolfyne, kan tot 20 jaar oud word.

Die laaste foto’s van die dolfyn wys hoe die dier verlate op die strand lê.

Die natuurlewestigting in Argentinië het ʼn openbare kennisgewing uitgereik om die publiek bewus te maak van dié kwesbare spesie, wat slegs aan die kuslyn van Argentinië, Uruguay en Brasilië voorkom. “Die Franciscana, net soos enige ander spesie, kan nie lank buite die water bly nie. Die soogdier dehidreer buite die water en dan vrek hulle,” het die stigting gesê. “Die publiek word gemaan om dolfyne so vinnig as moontlik weer in die water terug te plaas indien hulle op die kus gevind word.”

Die dolfyn word soos 'n trofee aangestuur Foto: Hernan Coria, CEN Die dolfyn lê verlate op die strand Foto: Hernan Coria, CEN Die dolfyn word soos 'n trofee aangestuur Foto: Hernan Coria, CEN

Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!