
Die bus wat op 17 Februarie 2016 buite ‘n Wits-koshuis aan die brand gesteek is Foto: @andimolf, Twitter
Die Universiteit van die Witwatersrand het Donderdag die polisie ontbied om ʼn saak van brandstigting te ondersoek nadat ʼn bus van die universiteit aan die brand gesteek is.
Die bus is Woensdagaand buite een van die universiteit se koshuise in Parktown, Johannesburg, aan die brand gesteek.
Shirona Patel, woordvoerder van Wits, het bevestig dat die bus aan die universiteit behoort het. “Ons weet nog nie waarom die bus aan die brand gesteek is nie, maar as studente betrokke was, sal hulle dadelik geskors word en tugstappe gedoen word,” het sy gesê. “ʼn Kriminele saak is by die Parkview-polisiestasie aanhangig gemaak.”
Volgens Patel is die bus deur versekering gedek, maar die omvang van die skade is nog nie bekend nie.
Die Parkview-polisie was nie beskikbaar om kommentaar te lewer oor die ondersoek nie.
Wits bus on fire #FMF pic.twitter.com/9esgaOJe7a
— AndImolf (@andimolf) February 17, 2016