Twee fietsryers van Pretoria is Woensdag beseer nadat ʼn bus hulle glo op die hoek van Eeufeesweg en Christina de Witrylaan by Fonteinedal in Groenkloof, Pretoria, getref het.
“Volgens omstanders op die toneel het ʼn bus die twee persone getref,” het Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Paramedici het die beseerde fietsryers op die toneel behandel. Een van die fietsryers het kritieke beserings opgedoen en die tweede persoon het ernstige beserings opgedoen.”
Albei fietsryers is na ʼn hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.
Geen verdere inligting was dadelik beskikbaar nie.