Clik here to view.

Argieffoto
Eskom het Sondagoggend gesê die kragnetwerk is tans stabiel, met ʼn lae risiko vir beurtrkrag.
“Dit stel Eskom in staat om sy beplande instandhouding uit te voer,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê. “Eskom het al die afgelope 14 dae nie beurtkrag toegepas nie.”
Eskom se doel is om aan die land se elektrisiteitsbehoeftes te voldoen en sy kragopwekkingseenhede in stand te hou met die minimum of geen beurtkrag.
“Indien ons egter verdere kragopwekkingsvermoë verloor, kan die moontlikheid van beurtkrag toeneem, en Eskom sal dan sy verbruikers dienooreenkomstig in kennis stel.”
Eskom doen weer ʼn beroep op sy klante om steeds hul elektrisiteitsverbruik te verminder deur die loop van die dag, maar veral tydens spitstye tussen 06:00 – 10:00 en 17:00 – 21:00.