Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

UK: ‘Meerderheid koshuisstudente ís swart’

$
0
0
Een van die voertuie wat deur betogers gebrand is. Foto: Verskaf

Een van die voertuie wat deur betogers gebrand is. Foto: Verskaf

Die Universiteit van Kaapstad (UK) het Maandag bewerings deur die RhodesMustFall-beweging (RMF) ontken dat daar teen swart studente gediskrimineer word ten opsigte van verblyfplasings.

“Ek wil dit duidelik maak dat [die stelling] heeltemal verkeerd is,” het Max Price, UK se visekanselier, gesê. “Kyk maar na die syfers: Ons het 6 600 beddens in ons koshuise en meer as 75% daarvan is toegewys aan en word tans deur swart studente beset, so die oorweldigende meerderheid is swart studente.”

Price het die media toegespreek nadat ernstige geweld Dinsdagaand op die kampus uitgebreek het met verblyf die hoofrede vir al die chaos.

Hy het gesê die UK se verblyfbeleid gee “sterk voorkeur” aan studente wat met finansiële bystand studeer, omdat verblyf op die kampus effens goedkoper is as verblyf buite die kampus. Daar word ook voorkeur gegee aan studente wat nie van Kaapstad kom nie.

Historiese kunswerke wat deur betogers gebrand is. Foto: Verskaf

Historiese kunswerke wat deur betogers gebrand is. Foto: Verskaf

Price het gesê slegs ʼn kwart van die 27 000 studente wat aansoek gedoen het vir verblyf kan geakkommodeer word. Hy het gesê die universiteit help die studente wat nié verblyf op die kampus kry nie, om ander verblyf te soek. Hy het gesê daar is tot dusver verblyf vir meer as 2 000 studente gevind.

Hy het gesê sommige studente het by die verblyfkantoor opgedaag sonder dat hulle vir verblyf aansoek gedoen het, terwyl 50 studente nou in tydelike akkommodasie gehuisves word. “Ons glo dat ons binnekort ook vir hulle akkommodasie sal vind,” het hy gesê.

Price het beklemtoon dat die RMF-beweging die verblyftekort vererger het deur die die werk van die verblyfkantoor vir drie dae verlede week te ontwrig deur hul gewelddadige optrede en besetting van die kantore. Price se kantoor is ook Dinsdagaand met ʼn petrolbom bestook.

Hy het gesê die universiteit het nog altyd vreedsame betogings ondersteun, maar moes Dinsdagaand die lyn trek toe die betoging gewelddadig geraak het. Kalmte het Woensdag op die kampus geheers en klasse het soos gewoonlik voortgegaan.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!