Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Vrou se raaiseldood by vakansieoord ondersoek

$
0
0

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Jong vrou het Saterdag by ʼn vakansieoord in Margate, KwaZulu-Natal gesterf nadat sy glo die vorige dag byna verdrink het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici het die vrou (19) in haar bed by die vakansieoord gevind. Sy was reeds dood.

“Na bewering het die vrou gister [Vrydag] byna verdrink toe sy by die oord geswem het, maar is sy betyds uit die water gehaal. Sy het besluit om nie mediese behandeling te kry na die voorval nie,” het Mathe gesê.

Dit is nie duidelik wat uiteindelik die vrou se dood veroorsaak het nie, maar dit sal deel vorm van ʼn polisieondersoek.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621