Die myn se bestuur en die vakbond Amcu het Donderdagmiddag tydens ʼn mediakonferensie by die myn gesê hulle bly hoopvol.
Drie werkers, Pretty Mabuza, Yvonne Mnisi en Solomon Nyarenda, word sedert verlede Vrydag vermis nadat hulle tydens die ineenstorting bo die oppervlak in die skeepshouer was wat as lampkamer gebruik is.
Volgens berigte was die band aan die skeepshouer vasgebind en glo reddingswerkers dus dat hulle naby aan die houer is. Die reddingswerkers meen hulle is sowat 10 m van die houer.
JacarandaFM het berig dat daar glo ʼn reuserots is wat reddingswerkers se weg versper en dat dit gevaarlik is om onder die rots in te beweeg aangesien dit op iemand kan val.
Die vermiste mynwerkers se families kamp intussen steeds elke dag by die myn uit waar hulle bid vir hul geliefdes se veilige terugkeer.
Lees alle vorige berigte oor die Lily-myn op Maroela Media.