Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Staatsrede 2016: Malema versoek om parlement te verlaat

$
0
0
Baleka Mbete, speaker van die parlement (Staatsrede 2016) (Skermskoot uit die regstreekse uitsending)

Baleka Mbete, speaker van die parlement (Staatsrede 2016) (Skermskoot uit die regstreekse uitsending)

Baleka Mbete, speaker van die parlement, het Julius Malema, leier van die EFF, Donderdagaand versoek om die parlement te verlaat, weens ʼn ontwrigting van die gesamentlike sitting.

Mbete het daarop gewys dat ʼn gesamentlike sitting slegs handel oor die punt van orde, naamlik die president se staatsrede op 11 Februarie.

Stone Sizani, hoofsweep van die ANC, het saam met Mbete gestem en gesê dat die reëlboek bepaal dat geen debatvoering tydens ʼn gesamentlike sitting mag plaasvind nie.

John Steenhuysen, hoofsweep van die DA, het egter aan Mbete gesê dat sy reëls uit die reëlboek wil verwyder, en nuwe reëls uitdink.

“Lede van die EFF, maak die besluit of julle hier wil bly of nie,” het Mbete gesê.

ʼn Lid van die EFF het bo Mbete probeer uitroep dat hulle nie besig is om die sitting te ontwrig nie.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het uiteindelik versoek dat Mbete die vergadering tot ʼn punt van orde sal roep en dat daar met die sitting sal voortgaan.

Mbete het daarna die president geroep.

Volg die staatsrede regstreeks:


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!