Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Turkye vaar uit teen VSA oor steun aan Koerde

$
0
0

Argieffoto: http://galleryhip.com/

Argieffoto: http://galleryhip.com/

Pres. Tayyip Erdogan van Turkye het die VSA gekritiseer vir sy hulp aan Koerdiese groepe in die huidige burgeroorlog in Sirië.

Volgens Erdogan veroorsaak die VSA ʼn bloedbad met sy steun aan die Koerdiese PYD- en YPG-party, en het die land geen begrip daarvoor nie dat dié partye terreurgroepe is. Die VSA steun Siriese militia van Koerdiese demokratiese unie-party (PYD) en die volksbeskermingseenheid (YPG) hoewel Turkye dié partye reken as terreurgroepe met bondgenootskappe met Koerdiese rebelle.

Die PYD is die Siriese been van die verbode Koerdiese Arbeider Party (PKK) in Turkye.

Volgens die VSA het die Koerde tot op hede geslaagde weerstand teen die IS (Islamitiese Staat) gebied. In ʼn nuusblad soos die Deutsche Wirtschafts Nachrichten word beweer dat Turkye in die noorde van Sirië wil inbeweeg om blykbaar ʼn sekerheidsone in te rig. Dit is waar die meeste Koerde tans veg. Dit kan nog meer konflik tussen Rusland en Turkye veroorsaak.

In die Neue Zürcher Zeitung word gemeld dat die Siriese Koerde ʼn kantoor in Moskou geopen het. Die kantoor word as ʼn nie-regeringsorganisasie beskryf, maar sal volgens ʼn Koerdiese verteenwoordiger soos ʼn konsulaat funksioneer.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621