
Die foto wat Nikita Friedman op Facebook geplaas het om die verskil tussen die twee broekgroottes aan te dui (dogtertjie-kortbroek voor, kortbroek vir seuns agter)
ʼn Ma van Australië het haar ontsteltenis op sosiale media uitgespreek oor die verskil in grootte van ʼn eenjarige seuntjie se kortbroek teenoor ʼn eenjarige dogtertjie sʼn.
Nikita Friedman van Queensland het ʼn foto op Facebook geplak wat duidelik die verskil tussen die twee kortbroeke wys. Sy was Saterdag by ʼn groot kettingwinkel, Big W, op soek na klere vir haar eenjarige dogtertjie. Sy voer aan sy het gesukkel om ʼn kortbroek te kry wat haar babadogtertjie se luier sou bedek.
Friedman het in ʼn lang boodskap op Facebook gesê dit is ʼn voorbeeld van “weersinwekkende” geslagsvooroordeel.
Volgens haar het sy wel by ʼn ander winkel haar inkopies gaan doen, maar sy wou hê die handelaar moet weet waarom sy ongelukkig is. Intussen het talle ander gebruikers ook op die winkel se Facebook-blad aangedui dat daar ʼn groot verskil in die groottes is.
Friedman het hoofsaaklik positiewe terugvoer oor haar plasing ontvang, maar het dit intussen haar verwyder weens die hoeveelheid kritiek wat sy ontvang het.