Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Glykabel: Tiener steeds in waakeenheid

$
0
0

Carmen Botha. Foto: Verskaf

Carmen Botha. Foto: Verskaf

Carmen Botha, die tiener van Centurion wat 15 meter ver van ʼn glykabel af geval het, is 19 dae later steeds in die waakeenheid van ʼn Johannesburgse privaat hospitaal terwyl sy wag op ʼn rugoperasie.

Gerna, Carmen (13) se ma, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Carmen moet ʼn rugoperasie kry om skroewe te laat insit waar twee van haar werwels gebreek het, wat haar in staat sal stel om regop te sit. Sy lê sedert die ongeluk plat op haar rug en mag nie self haar bene beweeg nie.

“Carmen sou dalk hierdie week geopereer word, maar sy het sedert die naweek ʼn effense koors en die dokter voel haar infeksiemerkers is nog nie so dat daar geopereer kan word nie,” het Gerna gesê. “Daar is nou eers vir haar antibiotika voorgeskryf en daarna sal die dokter besluit of sy geopereer kan word.”

Maroela Media het vroeër berig dat Carmen tydens ʼn skoolkamp 15 meter ver van ʼn glykabel (foefie slide) af geval het. Sy het erge inwendige beserings opgedoen, onder meer ʼn geskeurde lewer en milt, gebreekte ribbes en werwels, ʼn geskeurde bloedvat in haar dermkanaal en ʼn haarlynfraktuur op haar skedel.

Volgens Gerna werk ʼn fisioterapeut tans met Carmen om basiese oefeninge in die bed te doen, meestal om haar armspiere te oefen en haar been- en voetspiere te strek. Carmen is ook steeds op dialise aangesien haar niere sedert die ongeluk nie funksioneer nie.

Gerna het gesê die gesin fokus nou volkome op Carmen se herstel en bekommer hulle nie nou oor haar skoolloopbaan nie. “Ons het half die eerste ses maande van hierdie jaar opsy gesit om haar tyd te gee om te herstel. Daarna sal ons dalk tuisskoolonderrig oorweeg of kyk na ander maniere waarop sy dalk twee skooljare in een kan doen sodat sy steeds haar skoolloopbaan betyds kan voltooi,” het sy gesê.

“Carmen se gemoedstemming is goed, sy maak grappies en gesels lekker met ons. Sy verstaan hoekom sy so lank in die hospitaal moet wees en dat sy nog rehabilitasie sal moet kry en sy berus haar daarby. Carmen was nog altyd ʼn baie gemotiveerde kind en sy is net so gemotiveerd om te herstel.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!