Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Egpaar op plaas oorval kort ná hulle intrek

$
0
0
Gideon en Annetjie Steenberg op hul troudag. Foto: Verskaf

Gideon en Annetjie Steenberg op hul troudag. Foto: Verskaf

Gideon Steenberg en sy vrou, Annetjie, het skaars twee maande gelede op ʼn plaas in Sundra naby Delmas, Mpumalanga, ingetrek toe hulle Saterdag in die vroeë oggendure daar oorval en beroof is.

Gideon (38) het Maandag aan Maroela Media gesê hy en Annetjie (30) het geslaap toe hy omstreeks 01:00 wakker geword het van ʼn flitslig in sy huis.

“Gelukkig was ons seun, Ronaldo (8), nie tuis nie. Hy het by sy neefs in Eloff gaan oorslaap. Annetjie het ook wakker geword en vir my gesê daar is iemand in die huis en toe ek weer sien, is drie mans in ons kamer langs ons bed en rig ʼn vuurwapen op my,” het Gideon gesê.

Gideon het gesê die verdagtes het die geëlektrifiseerde veiligheidsheining om die huis geknip en die voordeur oopgebreek om toegang tot die huis te kry.

“Die mans het my en my vrou se hande vasgemaak en ons op die bed aangehou. Hulle het gedreig om my vrou te verkrag en my met ʼn vuurwapen se kolf teen die kop geslaan, waarna hulle omtrent alles uit die huis uit gedra en op ʼn bakkie gelaai het. Hulle het net die beddens agter gelos en in die bakkie gevlug.” Die moontlikheid bestaan dat nog verdagtes buite die huis hul makkers gehelp het.

Toe dinge begin stil raak, kon Annetjie daarin slaag om haar hande los te kry. Sy het Gideon se hande los gemaak. Gideon kon daarin slaag om tydens die rooftog sy selfoon weg te steek en het dadelik hulp ontbied.

“Ons plaaslike buurtwag, Sundra Bulldogs, was spoedig op die toneel, maar die verdagtes was reeds weg.”

Derek Bester, ʼn komiteelid van Sundra Bulldogs, het aan Maroela Media gesê nagenoeg 20 buurtwaglede het onverpoos in die omgewing gesoek na die verdagtes. “Die egpaar was ongedeerd maar baie getraumatiseerd en ons het vir hulle berading gereël,” het Bester gesê. “Die gesin het omtrent alles verloor en die gemeenskap het soos een saamgestaan en skenkings gedoen om hulle te help om weer op die been te kom. Dit is wonderlik hoe die mense hier saamstaan.”

Volgens Gideon is sy vrou steeds erg getraumatiseerd. “Ons het besluit om te trek. Ons bly tans by familie en gaan eerder in ʼn veiliger huis in Sundra intrek.” Gideon is vol lof vir die buurtwaglede en het almal in die gemeenskap wat hulle met skenkings gehelp het, bedank.

Brig. Selvy Mohlahla, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!