Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Plaashuis deur boewe in puin gelê

$
0
0
Die huis nadat dit heeltemal in die brand verwoes is. Foto: Facebook

Die huis nadat dit heeltemal in die brand verwoes is. Foto: Facebook

ʼn Gesin van Noordwes het al hul besittings verloor nadat hul plaashuis Saterdagaand ná ʼn inbraak heeltemal afgebrand is.

Herman Conradie, die eienaar van die plaas Wesselsfort in die Biesiesvlei-omgewing naby Sannieshof, het aan Maroela Media gesê die voorman, Rudi Thiart, het saam met sy vrou en twee kinders in die huis gewoon. Conradie woon nie self op die plaas nie, maar op ʼn ander plaas in die omgewing.

“Rudi en sy gesin was nie Saterdagaand by die huis nie, want hulle het by sy broer oornag. Inbrekers het by die huis ingebreek en die televisie, DVD-speler en rekenaar gesteel en dit in ʼn bakkie gelaai. Hulle het toe met die bakkie gevlug,” het Conradie gesê.

“Dit lyk asof hulle tussen Vermaas en Sannieshof beheer oor die bakkie verloor het en teen ʼn paal vasgery het. Hulle kon seker nie weer die bakkie aan die gang kry nie en het dit ook aan die brand gesteek. Die gesteelde goed was nog agterop.”

Volgens Conradie is die hele huis met al die inhoud in die brand verwoes. Forensiese deskundiges was Maandagoggend nog besig op die toneel.

“Twee weke gelede is vier van Rudi se honde gif ingegee. Ons kon twee van die honde deurhaal, maar twee is dood,” het Conradie gesê. Hy het gesê dit is nie duidelik wat die omvang van die skade is nie, aangesien die versekering nog ʼn beraming moet doen.

Maj. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig, maar kon nie dadelik meer inligting verskaf nie.

Die bakkie is tussen Vermaas en Sannieshof gevind. Foto: Facebook Die bakkie is tussen Vermaas en Sannieshof gevind. Foto: Facebook

Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!