Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Drie steeds in Lily-myn vasgekeer

$
0
0
'n Lugfoto van die ineenstorting. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

‘n Lugfoto van die ineenstorting. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

Reddingspogings gaan steeds voort om drie mynwerkers te red wat vermoedelik vasgekeer is nadat ’n gedeelte van die Lily-myn in Barberton, Mpumalanga, Vrydag ineengestort het.

Sahlulele Luzipho, voorsitter van die portefeuljekomitee van minerale hulpbronne, het Maandagoggend aan Maroela Media gesê die skeepshouer waarin die drie werkers vermoedelik was toe ʼn gedeelte van die myn ineengestort het, is steeds nie gevind nie.

“Daar word vermoed dat die werkers in die skeepshouer was toe die ongeluk gebeur het. Die skeepshouer word as ʼn lampkamer gebruik waar die werkers lampe en veiligheidspakke ontvang voordat hulle ondergronds afgaan. Toe ʼn gedeelte van die myn ineengestort het, het die skeepshouer onder die puin en grond ingeval en dit word steeds gesoek,” het Luzipho gesê. Hy het gesê dit is nie bekend of die drie werkers nog lewe nie.

Maroela Media het vroeër berig dat 87 mynwerkers wat ondergronds gewerk het ten tyde van die ineenstorting Vrydag veilig na die oppervlak gebring is. Mike Beck, bedryfsdirekteur by die myn, het Vrydag gesê die “fratsongeluk” het gebeur toe ʼn kroonpilaar ineengestort het. Hy het gesê die ineenstorting het nie die mense binne die myn geraak nie, maar wel die ingang tot die myn versper en daarom moes werkers deur die ontsnappingsweg na bo gebring word.

Gabriel Nkosi, AMCU se woordvoerder van gesondheid en veiligheid, het ook Maandagoggend bevestig dat drie werkers nog gesoek word. “Die hoop om die drie werkers lewend te vind, raak elke minuut minder. Hoe langer hulle ondergronds is, hoe moeiliker raak dit om asem te haal,” het Nkosi gesê. “Dit is veral hartseer om te weet dat twee van die werkers vroue is. Ons bid dat hulle lewend gevind sal word en sal kan teruggaan na hul gesinne, al is hul kanse skraal.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!