
Matt LeBlanc, Chris Evans en die Stig Foto: BBC
Die BBC het gesê die voormalige “Friends”-ster, Matt LeBlanc, gaan by die uitsaaier se gewilde “Top Gear”-program aansluit.
LeBlanc, wat Joey Tribbiani op die NBC-sitkom “Friends” gespeel het, gaan die motorprogram saam met Chris Evans aanbied. Dit is die eerste keer in Top Gear se 39 jaar lange geskiedenis wat ʼn nie-Britse akteur die program gaan aanbied.
Top Gear is wêreldwyd gewild danksy die program se motorwenke, waaghalsbestuurders en grappige kommentaar.
Die program het ʼn nuwe baadjie aangetrek nadat die voormalige aanbieder, Jeremy Clarkson, die program ná ʼn skandaal verlaat het. Clarkson is afgedank toe hy ʼn vervaardiger tydens ʼn onderonsie bygedam het. Die twee ander aanbieders, Richard Hammond en James May, het ook die program verlaat.
Evans is in Junie 2015 as een van die nuwe aanbieders aangekondig.
LeBlanc is ʼn selferkende “motorfanatikus” en hy is “baie opgewonde” om deel te wees van die program se nuwe hoofstuk. “Wat ʼn avontuur!” het hy gesê.
LeBlanc het vantevore as ʼn “Star in a reasonably priced car”-insetsel op Top Gear verskyn: