Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

DA gekant teen ontwrigting by staatsrede

$
0
0
Mmusi Maimane. Foto: DA

Mmusi Maimane. Foto: DA

Mmusi Maimane het Donderdag gesê die Demokratiese Alliansie sal nie enige pogings om pres. Jacob Zuma se staatsrede volgende week te ontwrig, ondersteun nie.

Maimane het aan die Kaapstadse persklub gesê dit is onwaarskynlik dat Zuma ʼn duidelike plan sal uitstippel om die ekonomie te red of die res van die land se probleme aan te spreek, maar dit is belangrik om die parlement toe te laat om normaal te funksioneer sodat die uitvoerende raad aanspreeklik gehou kan word.

“Die toespraak sal waarskynlik nie enige lig werp op die ware stand van ons land nie, en geen duidelike plan om ons weer op koers te kry nie,” het hy gesê. “Ons kan eerder nóg aksieplanne, taakspanne en vae versekerings dat ons oop is vir besigheid, verwag. Dit is nietemin belangrik om te hoor wat die president volgende Donderdag te sê gaan hê. En dit is waarom die DA nie sal deelneem aan enige onwettige ontwrigting van die staatsrede nie.”

Maimane het gesê hulle sal toelaat dat die president praat, en dan dit wat hy gesê het, of nie gesê het nie, oordeel.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!