Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Pasgebore babaseun in veld gelos

$
0
0
Paramedici by die baba. Foto: ER24

Paramedici by die baba. Foto: ER24

ʼn Pasgebore babaseun is Woensdag in ʼn stuk veld in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal gevind.

Volgens Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het ʼn voetganger op die baba aan die onderkant van ʼn wal afgekom en die polisie ontbied. Die baba was met ʼn kombers toegegooi.

“Die baba was skaars ʼn paar ure oud en hy was koud. Hy het geen sigbare beserings gehad nie. Paramedici het dadelik begin om hom warm te maak.”

Die baba is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling en waarneming.

“Na wat vasgestel kon word, is die baba ʼn paar meter gelos van waar hy gebore is. Hy weeg net onder 3 kg.”

Die polisie ondersoek die voorval.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!