Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Egpaar, vriendin vas oor tenderbedrog van R70 miljoen

$
0
0

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Kaapstadse man het Vrydag langs sy vrou en meisie in die beskuldigdebank van die Bellville kommersiële hof gestaan nadat hulle na bewering die Stad Kaapstad uit R70 miljoen geswendel het.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê Paul Hatting (42), Simoney Ulanda Hatting en Esmeralda Plato is al drie op borgtog van R50 000 vrygelaat. Hulle sal op 17 Maart weer in die hof verskyn.

Paul, ʼn administrateur by die Stad Kaapstad, dien op die stad se raad wat tenders aan maatskappye toestaan, het Mulaudzi gesê. “Hy het na bewering van 2008 tot 2014 tenders aan sy eie maatskappy, sy vrou se maatskappy en ʼn maatskappy wat aan sy vriendin behoort toegestaan. Die totale waarde van die geld wat die drie ontvang het, is R70 miljoen,” het hy gesê.

Die drie maatskappye, Cosmic Gold 532, Cosmic Gold 517 en TTANIC Trading, het tenders ontvang om skoonmaakmiddels en vullissakke aan die stad te verskaf. Die tenders was almal tussen R900 000 en R45 miljoen werd.

Die Valke het in 2014 van die beweerde bedrog bewus geraak en ʼn diepgaande ondersoek van stapel gestuur, waarna die drie in hegtenis geneem is.

“Ek het reeds op my eerste dag in hierdie kantoor gesê bedrog sal nie geduld word nie,” het lt.genl. Mthandazo Ntlemeza, nasionale hoof van die Valke, gesê. “Korrupsie is ʼn siekte wat uit ons midde verwyder moet word omdat dit ons mense ontneem van dít wat hulle regmatig van die regering verwag.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!