Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

DA-raadslid dalk gepos oor ‘rassistiese’ uitlating

$
0
0

Argieffoto: DA/Facebook

Argieffoto: DA/Facebook

Die Nelson Mandelabaai-raad in die Oos-Kaap het versoek dat Chris Roberts, DA-raadslid, afgedank word, nadat hy glo ʼn rassistiese uitlating gemaak het.

Roberts het Mongameli Bobani, UDM-leier, glo ʼn “bobbejaan” genoem tydens ʼn raadsvergadering verlede jaar. Roberts is intussen deur die DA se federale regskommissie daaraan skuldig bevind dat hy die party in oneer gebring het. Hy is gedemoveer en met R10 000 beboet.

Kupido Baron, woordvoerder van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, het gesê ʼn interne ondersoek is gedoen en Roberts is Donderdag tydens die eerste raadsvergadering skuldig bevind.

Fikile Desi, ANC-raadslid, het hierna ʼn mosie voorgestel dat Roberts nie langer toegelaat moet word as ʼn openbare verteenwoordiger in die raad nie. “Ek stel namens die ANC voor dat Roberts permanent van die raad verwyder word. Ons kan nie hier sit saam met dieselfde mens wat ons bobbejane noem nie.”

Die mosie is deur al die ander opposisiepartye, behalwe die DA, ondersteun. Tydens die stemming het 69 raadslede ten gunste van die mosie gestem en 42 daarteen.

Fikile Xasa, LUR vir plaaslike regering en tradisionele sake in die Oos-Kaap, sal die raad se besluit oorweeg en ʼn finale besluit neem.

Volgens Baron het al die ANC se raadslede in swart klere by die vergadering opgedaag om ʼn standpunt in te neem teen rassisme.

“Wanneer een van ons ʼn bobbejaan genoem word, voel ons almal die pyn. Ons het die swart klere aangetrek as ʼn simbool van protes teen die vernedering wat swart mense moet verdra weens die rassiste,” het Lithi Suka, hoofsweep van die raad, gesê.

Danny Jordaan, burgemeester van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, het gesê rassisme het geen plek in ʼn demokratiese samelewing nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!