Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Boer op Vrystaat-plaas vermoor

$
0
0

Opvolg: Rouxville-plaasmoord: Twee vas

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Boer is koelbloedig op sy plaas in die Rouxville-omgewing in die Vrystaat vermoor terwyl sy vrou in ʼn kritieke toestand in die hospitaal is.

Sers. Yanga Ngcukana, woordvoerder van die polisie, het gesê hulle vermoed die egpaar is deur die loop van Donderdagaand in hul plaashuis aangeval. “Die boer is in die kop en bors geskiet. Hy het aan sy skietwonde beswyk.”

Volgens Ngcukana het plaaswerkers Vrydag omstreeks 8:30 op die egpaar afgekom. Hulle hande en voete was vasgebind. “Die vrou is ook in die kop geskiet. Sy is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem.” Die moordenaars het met die egpaar se wit Toyota Hilux-bakkie gevlug. Dit is nie duidelik of enigiets tydens die voorval gesteel is nie.

Ngcukana het ʼn beroep gedoen op lede van die publiek wat moontlik inligting het oor die voorval om met hul naaste polisiestasie in verbinding te tree. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!