Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Vermiste meisie dalk by familie

$
0
0
Samantha Slabbert. Foto: Verskaf

Samantha Slabbert. Foto: Verskaf

Gerugte wat die rondte doen dat Samantha Slabbert (9) opgespoor is nadat sy glo Vrydag tydens ʼn sportdag by haar laerskool in Klerksdorp ontvoer is, is ongegrond.

“Sy word steeds gesoek en die polisie het hul soektog na haar drasties verskerp,” het Michelle Peach, ʼn senior maatskaplike werker van die SAVF Rethabile-kinder-en-jeugsorgsentrum, Donderdag aan Maroela Media gesê.

“Ons het goeie rede om te glo sy is by familie. Sekere familielede mag egter nie in kontak met haar wees nie. Die polisie is besig om alle leidrade op te volg. Ons het egter nog alle moontlike hulp van die publiek nodig om die polisie in hul ondersoek by te staan. Ons is bekommerd oor haar en moet haar gou en veilig opspoor.”

Maroela Media het gister berig Samantha is Vrydag deur ʼn man by Laerskool Unie, waar sy skoolgegaan het, opgelaai. Sy ken glo die man. Sy het sportdrag van die skool aangehad toe sy die laaste keer gesien is. Samantha het donkerbruin hare, donkergroen oë, weeg 28 kg en is 1,4 m lank.

Samantha is verlede jaar deur die kinderhof in die SAVF se sorg geplaas hangende die uitkoms van ʼn finale aanbeveling van dié hof.

Die SAVF het die saak by die polisie aanhangig gemaak nadat dit aan die lig gekom het dat sy moontlik ontvoer is. Hoewel inligting oor kinders in sulke gevalle in terme van die Kinderwet nie in die media bekendgemaak mag word nie, het die SAVF ʼn hofbevel by die kinderhof bekom om inligting oor haar te versprei in ʼn poging om haar so gou as moontlik op te spoor.

Peach het gesê sy is vermoedelik in die Coligny-, Christiana-, Klerksdorp- of Hartbeesfontein-omgewing.

Mense wat weet waar Samantha is of wat haar sien, word versoek om ao. Disipi van die Klerksdorp-polisie se gesins-en-kindereenheid te bel by 018 464 5385 of 082 568 6909 of die Pink Ladies by 072 214 7439.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!