Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Dlamini-Zuma dalk klaar met AU

$
0
0

Nkosazana Dlamini-Zuma. Foto: GovernmentZA/Flickr

Nkosazana Dlamini-Zuma. Foto: GovernmentZA/Flickr

Dit lyk al meer waarskynlik dat Suid-Afrika se Nkosazana Dlamini-Zuma vanjaar sal uittree as die voorsitter van die Afrika-Unie.

Op die vooraand van die AU-beraad word wyd bespiegel Dlamini-Zuma se tyd by die AU sal in Julie tot ʼn einde kom wanneer haar eerste termyn eindig. Daar word bespiegel sy sal terugstaan vir die Algeriese minister van buitelandse sake, Ramtane Lamamra, ʼn voormalige AU vrede- en veiligheidskommissaris.

Lamamra maak reeds voorbrand vir die posisie, maar daar is geen tekens dat Dlamini-Zuma dieselfde doen nie. Hy wou egter nie Woensdag bevestig of ontken dat hy sal staan as AU kommissievoorsitter in Julie nie. Op ʼn stelling dat daar wyd bespiegel word dat hy wel gaan staan, het hy geantwoord, “Laat die bespiegeling dan voortgaan”.

Tydens ʼn inligtingsessie oor die beraad in Pretoria Woensdag, het ʼn analis van die AU-binnekring gesê Dlamini-Zuma sal waarskynlik uittree omdat daar geen waarborg is sy sal weer verkies word nie en weens haar politieke ambisies in Suid-Afrika. Dit verwys na die vermoede wat al lankal die rondte doen dat Dlamini-Zuma haarself as kandidaat beskikbaar gaan stel om pres. Jacob Zuma op te volg.

Die analis, wie se naam nie genoem mag word nie weens die reëls van die seminaar, het egter erken daar is baie onsekerheid oor Dlamini-Zuma se planne. Sy het self nog nooit iets oor haar planne laat glip nie en sommige analiste glo sy sal eers haar besluit neem wanneer die opvolgerspolitiek in die ANC duideliker word.

Die analis het verder gesê alhoewel die verkiesing van die AU vrede- en veiligheidsraad gewoonlik relatief ongesiens gebeur, is daar verskeie faktore wat dit hierdie jaar belangrik maak. Een daarvan is dat al 15 lede se termyne terselfdertyd verstryk, wat beteken alle posisies is beskikbaar om gevul te word.

Die vrede en veiligheidsraad se belangrikheid het ook aansienlik gegroei in die lig van die aantal veiligheidskwessie wat die AU moet hanteer. Die raad is besig om dieselfde statuur as die VN Veiligheidsraad te kry, wat beteken meer lande het hul oog op die raadsposisies.

Maite Nkoana-Mashabane, Suid-Afrika se minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Woensdag bevestig Suid-Afrika sal weer staan om tot die raad verkies te word.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!