Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Man gevonnis ná hy tiener voor groep vriende verkrag

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

ʼn 20-jarige man is tot 15 jaar tronkstraf in KwaZulu-Natal gevonnis nadat hy ʼn 15-jarige meisie voor haar groep vriende verkrag het.

“Die meisie het op 4 Desember 2014 saam met ander meisies van ʼn tradisionele seremonie in Mhlathuzane teruggekeer toe die man haar langs Sesabani-rivier van die groep weggeneem het,” het kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy het haar voor die hele groep verkrag.”

ʼn Saak van verkragting is die volgende dag by Eshowe-polisiestasie aanhangig gemaak.

Die meisie het berading ontvang en is vir ʼn mediese ondersoek gestuur.

“Die man, Mandiseni Sikhakhane, is in hegtenis geneem en was regdeur sy hofsaak in aanhouding. Hy is Woensdag tot 15 jaar tronkstraf gevonnis,” het Naicker bygevoeg.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!