Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

[Video] Chaos ná verdagte in polisiemotor sterf

$
0
0

Foto: CICA/Facebook

Foto: CICA/Facebook

Chaos het voor die Arwyp-hospitaal in Kempton Park uitgebreek toe ʼn verdagte in polisie-aanhouding dood is.

Robbie Raburabu, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), het aan Maroela Media gesê polisiebeamptes het glo ʼn man in hegtenis geneem vir die besit van dwelms. “Die verdagte het glo dwelms wat in sy besit was afgesluk waarna hy begin stuipe kry het. Die polisiebeamptes het met hom na ʼn hospitaal gejaag. Hy is op pad na die hospitaal dood.”

Volgens Raburabu was die verdagte ʼn Nigeriër en het ʼn groot groep mense, vermoedelik Nigeriërs, voor die hospitaal byeengekom soos die nuus van die verdagte se dood versprei het. “Van die Nigeriërs beweer hulle het gesien hoe polisiebeamptes die verdagte gewurg het. Dit sal deel vorm van ons ondersoek,” het hy gesê.

Kempton Express berig daar is ʼn groot polisieteenwoordigheid voor die hospitaal. Die verdagte se lyk was glo teen Saterdagmiddag nog in die motor.

Die skare wat voor die hospitaal byeengekom het, het polisiebeamptes glo met klippe en bottels bestook.

Die video is deur Intelligence Bureau SA op Facebook gedeel:


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!