Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Stappers op Tuinroete met panga aangeval

$
0
0

WAARSKUWING: Die foto in die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.

Foto ter illustrasie

Foto ter illustrasie

‎ʼn Man en sy vriendin wat aangeval is terwyl hulle tussen Wildernis en Victoriabaai aan die Suid-Kaapse kus gestap het, het hul ervaring op die tydskrif go! Se Facebook-blad gedeel.

Dié tydskrif het in sy Januarie-uitgawe ʼn artikel oor die roete van Leentjiesklip-strand in Wildernis na Victoriabaai langs die ou treinspoor wat eens vir die Outeniekwa Choo-Tjoe-trein gebruik is.

Alistair Hill skryf hy en sy vriendin is aangeval deur twee mans waarvan een ʼn panga gehad het.

“Ons is die derde groep mense wat in die laaste twee weke aangeval is. Gelukkig kon ons daarin slaag om hulle af te veg [sic] maar ons is steeds beseer. Hulle het geen probleem daarmee gehad om ons ernstige liggaamlike leed aan te doen nie aangesien die een my verskeie kere met ʼn panga probeer slaan het en my ook van ʼn krans af probeer gooi het.”

Volgens Hill het hy en sy vriendin albei opleiding in selfverdediging en kon hulle die aanvallers teenstaan. “Anders dink ek nie ons sou só gelukkig gewees het nie,” skryf hy. Die tydskrif het intussen op sy Facebook-blad gesê daar was die afgelope ruk verskeie berigte van misdaad in die gebied en het sy lesers aangeraai om vir tyd en wyl dié spesifieke roete te vermy.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat daar verskeie voorvalle op die roete was. “Ons wil mense versoek om eerder in groepe van drie of meer te stap. Dit lyk of die verdagtes vroue wat alleen stap of pare teiken.”

Die omvang van Hill en sy vriendin se beserings is nie duidelik nie hoewel Hill het ʼn foto van sy gesig op Facebook gelaai het. Hy het verskeie snywonde aan sy kop opgedoen.

Die foto wat Allistair Hill op Facebook gelaai het.

Die foto wat Allistair Hill op Facebook gelaai het.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!