Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Padwerker kry geraamte langs snelweg

$
0
0
Die geraamte wat gevind is. Foto: SAPD

Die geraamte wat gevind is. Foto: SAPD

Die Vrystaatse polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om hulle te help met inligting nadat ʼn mensgeraamte Vrydag langs die N1-snelweg naby Verkeerdevlei gevind is.

Sers. Ikobeng Hlubi, polisiewoordvoerder, het gesê ʼn padwerker het op die geraamte afgekom en die polisie is ontbied. “Die geraamte het steeds klere aangehad, naamlik ʼn blou denimbroek en swart All Star-skoene.”

Dit is nog nie bekend hoe lank die oorledene se liggaam daar gelê het nie. “Ons wag vir forensiese uitslae om te bepaal wanneer die persoon dood is.”

Hlubi het ʼn beroep gedoen op mense wat ʼn familielid vermis of enige ander inligting het om sers. Zachariah Nzintshe by 051 841 8401 of 082 479 2337 te bel.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!