Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

PE-man se lyk in huis gevind

$
0
0

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie in Port Elizabeth ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn 37-jarige man in sy huis verwurg en dood gelaat is.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het inligting ontvang van ʼn gesteelde voertuig wat hulle tot by ʼn hotel in Summerstrand langs die strandfront gelei het. Daar het hulle ʼn 24-jarige man met die gesteelde swart Mercedes gevind.

“Die man is op die plek in hegtenis geneem vir die besit van gesteelde goedere,” het Van Rensburg gesê. Die polisie is daarna na die eienaar se huis in Crammerstraat, Malabar, waar hulle ʼn vrou (66) in die huis gevind het. Sy was aangerand.

“Die voertuig is in die vrou se naam geregistreer. Sy was baie deurmekaar toe die polisie daar aankom en hulle het die huis deursoek. Dit is toe dat hulle op haar seun, Bhaven Moodley, se liggaam afgekom het nadat hy verwurg is,” het Van Rensburg gesê.

Sy het gesê die polisie ondersoek tans of die verdagte by die huisbraak en moord betrokke was.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Latest Images