Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

‘Inbreker’ val by krans af

$
0
0
Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Paramedici is Maandag na ʼn toneel in Durban ontbied waar ʼn vermeende rower glo met ʼn gesteelde televisie probeer vlug en 25 meter ver by ʼn krans afgetuimel het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 12:00 na die toneel in Winston Park in Kloof ontbied. “Omstanders en polisiewoordvoerders het verduidelik dat ʼn verdagte ná ʼn huisroof op ʼn fiets weggejaag het terwyl hy ʼn televisie onder sy arm vasgeknyp het,” het hy gesê.

“Die man het vinnig by ʼn steil heuwel afgery, maar kon nie daarin slaag om betyds te stop nie en het by die 25 meter hoë krans afgery.”

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Botha het gesê paramedici kon die man aan die onderkant van die krans op sy rug sien lê met die televisie langs hom. Paramedici en lede van die polisie se soek- en reddingspan het toerusting gebruik om langs die krans af te beweeg waar die ernstig beseerde man op ʼn draagbaar gestabiliseer en aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel is.

“Die draagbaar is uit die bergagtige gebied gelig in ʼn helikopter in en het na ʼn nabygeleë veld gevlieg waar ʼn mediese span gereed gestaan het. Die man is daarna na ʼn hospitaal in Durban gehaas,” het Botha gesê.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!