Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Egpaar wreed op plaas aangerand; man dood

$
0
0

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Bejaarde man is dood en sy vrou ernstig beseer nadat hulle op hul plaas naby Dirkiesdorp in Mpumalanga oorval en erg aangerand is.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Johannes van Zyl (84) se liggaam is omstreeks 16:30 in die badkamer van die huis aangetref. Hy het ernstige kopwonde gehad nadat hy vermoedelik met krukke geslaan is.

Sy vrou, Charlotte (55), het die aanval oorleef, maar is ernstig beseer. Sy is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.

“’n Werknemer van die egpaar, ʼn Swazilandse burger, is in verband met die aanval in hegtenis geneem,” het Sedibe gesê. “Die motief vir die moord is nog nie bekend nie en vorm deel van die polisie se ondersoek.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!