Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Veldren-entoesias gedurende rooftog doodgeskiet

$
0
0

Jannie Stander. Foto: Facebook

Jannie Stander. Foto: Facebook

ʼn Bekende in veldren-kringe in Krugersdorp is Saterdagaand gedurende ʼn gewapende rooftog in sy huis doodgeskiet.

Sers. Tshepiso Mashale, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê vier gewapende rowers het omstreeks 21:45 ʼn huis in Muldersdrift binnegekom waar ʼn man (47) en sy vrou (32) in die woonkamer gesit het.

“Toe die man hulle sien, het hy opgespring en is in die bolyf geskiet. Hy is op die toneel dood,” het Mashale gesê. Die rowers het op die vlug geslaan met die vrou se trouring, selfone, ʼn skootrekenaar en ʼn onbekende bedrag kontant. Die vrou is ongedeerd.

Krugersdorp Voice het die man intussen as Jannie Stander, eienaar van die Syringa MX Park in Muldersdrift, geïdentifiseer.

Terra Topia Dirt Bike-klub het op hul Facebook-blad hul medelye aan Stander se familie en vriende betuig en gesê sy dood is ʼn enorme verlies vir veldrenne in Suid-Afrika.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!