
Al wat oor is van die oorspronklike plakkaat Foto: Xolani Koyana/EWN
ʼn Groep mense met ANC-klere het Saterdag ʼn reusagtige ‘Zuma must fall’-plakkaat van ʼn gebou in Kaapstad se middestad afgeskeur.
Maroela Media het vroeër berig die plakkaat is deur ʼn onbekende persoon op ʼn baie besige hoek, waar Lang-, Kloof- en Oranjestraat kruis, opgerig.
Die stad Kaapstad het Vrydag in ʼn verklaring bevestig dat hulle sal stappe doen teen die persoon wat die plakkaat opgerig het, aangesien dit onwettig opgerig is, omdat daar nie toestemming bekom is van die stadsraad nie en die yslike plakkaat nie voldoen aan geboueregulasies nie.
EWN het Saterdag berig die polisie was op die toneel, maar was te laat om die betogers te keer.
@beandealer @DaBradd1 @gumede783 @karabonkabinde pic.twitter.com/omYDlA0YG2
— Proudly Black Man (@Kwela12) January 16, 2016
Is it Zuma must fall or somebody will fall! pic.twitter.com/ERbMTQqsx0
— 1 KG (@1_Kilogram) January 16, 2016
#ZumaMustFallBillboard A little earlier when angry ANC supporters chased down a man who insulted Zuma AH pic.twitter.com/XP9ntRwc8e
— EWN Reporter (@ewnreporter) January 16, 2016
#ZumaMustFall This is all that remains of the “Zuma Must Fall” billboard, torn down by ANC supporters @JustKoyana pic.twitter.com/8CpkMuhnr2
— EWN Reporter (@ewnreporter) January 16, 2016