Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Verkiesingdatum sal bepaal word; kiesers se adresse ʼn groot uitdaging

$
0
0
Foto: Maroela Media

Foto: Maroela Media

David van Rooyen, minister van samewerkende regering, het intussen gesê die datum van die verkiesing sal bekend gemaak word sodra die voorbereiding en nakoming afgehandel is. Hy het gesê daar is verskeie faktore wat in ag geneem moet word, waaronder die uitspraak in die konstitusionele hof verlede jaar oor die debakel oor Potchefstroom in Noordwes se munisipale verkiesings.

“Dit is baie belangrik dat die verkiesing vry en regverdig moet wees,” het Van Rooyen gesê.

Die konstitusionele hof het verlede jaar bevind dat die munisipale verkiesing in Potchefstroom (Tlokwe) nie vry en regverdig was nie, nadat Xolile David Kham en ander voormalige ANC-raadslede appèl aangeteken het. Die groep, wat onsuksesvol was in die wyke waar hulle verkiesbaar was, het ʼn bevel gesoek om die uitslag van die munisipale verkiesing in agt wyke tersyde te stel, gebaseer op onreëlmatighede wat aan die lig gekom het ná die OVK se eie ondersoek.

Die hof het verklaar dat die munisipale verkiesing, wat op 12 September 2013 in wyk 18 plaasgevind het, en op 10 Desember 2013 in wyk 1, 4, 11, 12, 13 en 20, nie vry en regverdig was nie. Die uitslag van die munisipale verkiesing is tersyde gestel.

Die OVK is aangesê om nuwe munisipale verkiesings te hou en die hof het die OVK aangesê om die fisiese adresse van persone op die kiersrol te bevestig vir toekomstige verkiesings.

Van Rooyen het gesê die kabinet het die totstandkoming van ʼn ministeriële komitee goedgekeur wat saam met die Suid-Afrikaanse Vereniging van Plaaslike Regering (Salga) en die OVK sal werk. “Die komitee sal binnekort met hul werk begin om enige struikelblokke uit die weg te ruim,” het hy gesê. “Die termyn vir hierdie plaaslike regering verstryk op 17 Mei en die plaaslike verkiesing moet binne 90 dae ná die termyn verstryk het, gehou word. Ons sal gereed wees om op die geskikte tyd ʼn aankondiging te maak oor uitstaande kwessies.”

Terry Tselane, adjunkvoorsitter van die OVK, het gesê die hofuitspraak het standaarde vir die OVK verhoog. Die verifiëring van adresse waar ʼn kieser geregistreer is, is die grootste uitdaging vir die organisasie, het hy gesê. Die organisasie het reeds mense wat besig is om inligting bymekaar te maak oor kiesers se adresse, en slegs 37% van adresse is tot dusver geverifieer.

“Daar is baie gebiede in die land wat nie adresse het nie,” het Tselane verduidelik. “Die grootste uitdaging sal wees om na elke gebied toe te gaan, landmerke uit te ken, en dan seker te maak dat ons span dit op ʼn kaart aanteken. Na dié proses, sal die name aan die politieke partye gestuur moet word sodat hulle verder die inligting kan verifieer. Dit is tot dusver ons grootste uitdaging.”

Die OVK was nog nooit verplig om politieke partye van kiesers se adresse op die kiesersrol te voorsien nie.

“Die verifikasie van adresse sal die OVK help om die regte kieser binne die regte stemdistrik te plaas,” het Tselane gesê. “Die hof het die standaard verhoog. Ons is beveel om dinge te doen wat ons nooit gereken het verpligtend sal wees nie.”

Geen kieser sal egter verhoed word om te stem indien hul adresse nie geverifieer is nie, het hy gesê.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!